top of page

Juf. OK

Wat is Juf. OK se Wetenskap Akademie?

91236597_107414260913276_448296399314039

Die doel van Juf. OK se Wetenskap Akademie is om ’n waardevolle hulpbron the wees vir Graad 9, 10, 11 en Matriek leerders om Fisiese Wetenskap as ’n vak op Hoërskool te bemeester. Om Fisiese Wetenskap te bemeester beteken nie dat jy die hele handboek woord vir woord kan opnoem of neerskryf nie, dit beteken dat jy die vak verstaan en die moeilike teorie en konsepte onder die knie het. 

Juf. OK streef dus om deur haar Wetenskap Akademie, Fisiese Wetenskap vir leerders interessant en ‘fun te maak sodat hulle die vak sal geniet en sodoende ook uitstekende punte daarvoor sal behaal.

 

Juf. OK se Wetenskap Akademie is ’n aanlyn-platform waar leerders vir hul graad se pakket kan inskryf en daardeur dan toegang kry tot ure en ure se aanlyn videomateriaal en ekstra notas en aantekkinge waarin moeilike Wetenskap konsepte vireenvoudig word. 

 

Druk hier om die voordele te sien van Juf. OK se Aanlyn Wetenskap Akademie!

​​

Wie is Juf. OK nou eintlik?

Ek is Elizabeth Olivier-Kahlau. Ek het die noemnaam as Juffrou OK by my leerders gekry baie jare terug en dit verwys na die voorletters van my van.

​

Ek is nou al meer as 20 jaar in die onderwys as ’n Fisiese Wetenskap onderwyseres vir senior Hoërskool leerders, waarvan 11 jaar daarvan vir Matrieks was. In die begin van 2018 het ek my eie Wetenskap Akademie begin met die doel om leerders te help om hul Wetenskap punte te verbeter. Voor dit was ek by Hoërskool Garsfontein verbonde wat in die laaste paar jaar verskeie kere as nommer 1 akademiese skool in Gauteng aangewys was. Ek is betrokke by SACAI (Suid-Afrikaanse Komprehensiewe Assesseringsinstituut).

​

My passie is om moeilike begrippe vir kinders maklik en eenvoudig te verduidelik. Die lekkerste deel van my vak is al die praktiese toepassings en om Wetenskap vir my leerders ‘fun’ te maak.

Website photo.jpg

Hoekom doen ek wat ek doen?

Nog vrae rakende Juf. OK of die Wetenskap Akademie?

Kyk gerus of die antwoord nie dalk by my FAQ's is nie

 Frequently Asked Questions 

bottom of page