top of page

FAQ's

("Frequently Asked Questions")

1. Vir wie is Juf. OK se Wetenskap Akademie?

Enige iemand kan inskryf en betaal vir enige van die pakkette. Alle materiaal is in Afrikaans en die materiaal sluit alle temas in volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Leerplan. Die pakkette is ideal vir enige Graad 9, 10, 11 of 12 Afrikaanse leerders wat hul Fisiese Wetenskap punte wil verbeter.

1. Vir wie is Juf. OK se Wetenskap Akademie?

2. Hoe koop ek 'n pakket?

Alles gebeur direk oor hierdie webtuiste. Om 'n pakket te koop moet jy eers 'n rekening skep op die blad. Daarna kan jy na Pakkette gaan, jou pakket van keuse kies, en die stappe volg om die pakket te koop en aanlyn daarvoor te betaal.

Die betaling vir enige van die pakkette vind plaas oor ons webtuiste self. Juf. OK maak gebruik van 'n eksterne diensverskaffer, genaamd Yoco, om aanlynbetalings te kan akkommodeer. Wees gerus, Yoco is bekend vir hul sekuriteit en deeglikheid en al jou inligting is baie veilig.

Jy kan ook kies om 'n pakket te koop en daarvoor te betaal deur 'n direkte EFT-betaling.

Druk hier om presies te sien hoe om 'n pakket met 'n EFT-betaling te koop.

Met hierdie metode moet jy nogsteeds 'n rekening skep op die webtuiste. Maak dan 'n EFT-betaling in my bankrekening in gelyk aan die volle bedrag van die pakket. Ek sal dan vir jou 'n koepon-kode stuur om die pakket oop te maak vir jou rekening.

Bankbesonderhede: 

Bank: FNB 

Branch: Menlyn Maine - 250655 

Account Holder: Elizabeth Olivier-Kahlau 

Account number: 6287 693 5556

2. Hoe koop ek 'n pakket?

3. Is die Wetenskap Akademie op toepassing van die IEB of DBE leerplanne?

Die videolesse in Juf. OK se Wetenskap Akademie dek al die Fisiese Wetenskap temas van beide die IEB en DBE leerplanne. Die volgorde waarin die werk gedoen word kan wel verskil maar dan is dit die leerder se verantwoordelikheid om na die videolesse te kyk wat op hom/haar van toepassing is.

3. Is die Wetenskap Akademie op toepassing van die IEB of DBE leerplanne?

4. Is dit moontlik om ‘n voorsmaakie te kry van ‘n videoles om te sien hoe dit lyk en uiteengesit is?

Inderdaad! Daar is vier gratis videolesse beskikbaar op hierdie webtuiste, een vir elke graad. Hierdie videos kan gevind word onderaan op die Graad-spesifieke blaaie. Gaan na een van die volgende blaaie en “scroll” af tot onder op die blad om die gratis video te sien:

Graad 9 | Graad 10 | Graad 11 | Graad 12 

Die rede hoekom ek die gratis videolesse deel is om jou persies te wys hoe die videolesse lyk, die kwaliteit daarvan, asook die wyse waarop ek klasgee. Hopelik oortuig dit jou dan om die volle pakket te koop.

4. Is dit moontlik om ‘n voorsmaakie te kry van ‘n videoles om te sien hoe dit lyk en uiteengesit is?

5. Hoe kan ek die beste leer vir Wetenskap?

Elke graad het 'n spesifieke video waar ek verduidelik en advies gee hoe om die beste te leer vir daardie graad se Fisiese Wetenskap. Hierdie videos is beskikbaar by elke graad se spesifieke blaaie. Druk op die skakels in die 'menu' of in die vorige FAQ se antwoord om daar by uit te kom. Ek gee baie raad in hierdie videos so moet dit nie misloop nie. 

5. Hoe kan ek die beste leer vir Wetenskap?

6. Benodig ek 'n internetkonneksie om toegang tot die inhoud te kry?

Ja jy doen. Aangesien alle aanlynmateriaal net op ons webtuisste beskikbaar is gaan jy toegang tot die internet benodig elke keer wat jy wil inteken en jou aanlynmateriaal wil aanskou.

6. Benodig ek 'n internetkonneksie om toegang tot die inhoud te kry?

7. Hoe lank is die aanlynvideos?

Die lengtes van die videos verskil en dit kan enige iets wees van 5 minute tot 50 minute. Die gemiddelde videolengte is tussen 15 en 25 minute.

7. Hoe lank is die aanlynvideos?

8. Mag ek die videos meer as een keer kyk?

Ja. Gedurende die jaar wat jy toegang het tot jou aanlynpakket kan jy die verskeie videos soveel keer kyk as wat jy wil. Jy kan dus die videos oor en oor kyk totdat jy die konsepte deeglik verstaan. Jy kan ook die videos benader voor toetse of eksamens vir hersiening.

8. Mag ek die videos meer as een keer kyk?

9. Wat word alles in die pakkette ingesluit?

Al die pakkette bestaan uit videolesse waar ek die temas en spesifieke lesse aanbied asof die leerders voor my in ‘n klas sit. Die pakkette bestaan dus uit baie videolesse. Elke pakket het ook daardie spesifieke Graad se Chemie en Fisika Prakties ingesluit in ‘n aparte videoles waar die prakties eenvoudig en deeglik verduidelik word sodat die leerder dit ook op skool sal kan bemeester. Die pakkette sluit ook aflaaibare PDF notas, opsommings en vrae met antwoorde in by al die verskillende temas.

9. Wat word alles in die pakkette ingesluit?

10. Gaan die videolesse maak dat ek Wetenskap deurkom?

Of jy Wetenskap gaan deurkom hang net van jou af. As jy die ure gaan insit om die aanlynvideos te kyk, om oefensomme uit te werk en om die teorie te bestudeer behoort jy met volle gemak Wetenskap deur te kom.

10. Gaan die videolesse maak dat ek Wetenskap deurkom?

11. Kan iemand met Tegniese Wetenskap die videolesse gebruik?

Die Wetenskap Akademie pakkette is vir Fisiese Wetenskap geskep en nie spesifiek vir Tegniese Wetenskap nie. Dit genoem, al die pakkette sal beslis ook iemand met Tegniese Wetenskap kan help aangesien dit ook die temas dek wat in Tegniese Wetenskap is.

 

Let wel dat die pakkette meer temas dek so dan moet die leerder net seker maak dat hulle net die videolesse kyk wat op hul Tegniese Wetenskap leerplan van toepassing is.

11. Kan iemand met Tegniese Wetenskap die videolesse gebruik?

12. Ek het ingeskryf en betaal vir 'n pakket maar ek kry nie toegang daartoe nie. Wat moet ek doen?

Hierdie is baie selde die geval maar dit kan tog gebeur as gevolg van verskeie redes. Indien dit wel gebeur en jy nie dit self van jou kant kan oplos nie kontak ons dadelik per e-pos (info@wetenskapakademie.co.za) en ons sal jou so gou as moontlik probeer help en die probleem uitsorteer.

12. Ek het ingeskryf en betaal vir 'n pakket maar ek kry nie toegang daartoe nie. Wat moet ek doen?

13. In watter volgorde moet ek die videolesse kyk?

Soos wat jy by die skool met ‘n sekere tema besig is beveel ek aan moet jy dan ook dieselfde tema se videoles kyk. Jy moet dus self navigeer tot die tema en videoles waarna jy soek. Voor ‘n toets/eksamen kan jy dan net weer die verskillende temas toe navigeer waaroor jy skryf om die materiaal te hersien.

13. In watter volgorde moet ek die videolesse kyk?

14. Wat is Juf. OK se Bepalings en Voorwaardes?

Maak asseblief seker jy stem ooreen en is gemaklik met Juf. OK se Bepalings en Voorwaardes.

Druk hier om Juf. OK se Bepalings en Voorwaardes te sien.

14. Wat is Juf. OK se Bepalings en Voorwaardes?
bottom of page