top of page

Bepalings en Vooorwaardes

Juf. OK se Wetenskap Akademie

Bepalings en Voorwaardes

 

Laaste opdatering: 21 Januarie 2023

Ook beskikbaar as 'n aflaaibare PDF dokument

​

1. Aanvaarding van bepalings en voorwaardes

​

  1. Die webtuiste www.wetenskapakademie.co.za (hierna “die webtuiste” genoem) word beskikbaar gestel deur die gerigestreerde maatskappy, JUF OK (Pty) Ltd, registrasienommer 2020/883634/07.

  2. Die bepalings en voorwaardes wat hieronder uiteengesit word, insluitend enige addisionele dokument wat by wyse van verwysing geïnkorporeer word (hierna “die bepalings en voorwaardes” genoem), is van toepassing op enige persoon wat die webtuiste gebruik, dit besoek, daarna verwys, of dit besigtig.

  3. Die bepalings en voorwaardes reguleer die terme en voorwaardes waaronder enige besoeker die webtuiste besoek en/of gebruik en die inligting, inhoud of dienste beskikbaar op die webtuiste (hierna “die inhoud” genoem) behoort aan JUF OK (Pty) Ltd (hierna “Juf. OK” genoem).

  4. Hierdie bepalings en voorwaardes vorm 'n wettig bindende ooreenkoms wat tussen u aangegaan is, hetsy persoonlik of namens 'n entiteit ("u") en Juf. OK met betrekking tot u toegang tot en die gebruik van die webtuiste, sowel as enige ander mediavorm, mediakanaal, mobiele webwerf of mobiele toepassingsverwant, gekoppel of andersins daaraan gekoppel (gesamentlik “die webtuiste").

  5. U stem in dat u deur al hierdie bepalings en voorwaardes gelees het, dit verstaan ​​en daartoe instem. As u nie met al hierdie bepalings en voorwaardes saamstem nie, word u uitdruklik verbied om die webwerf te gebruik en moet u die gebruik onmiddellik staak.

  6. Deur 'n rekening te skep of 'n pakket te koop deur die webtuiste bevestig u dat u Juf. OK se Bepalings en Voorwaardes (hierdie dokument) gelees het en ooreenstem met alles wat hierin deurgegee word.

  7. Aanvullende bepalings en voorwaardes of dokumente mag van tyd tot tyd op die webtuiste bygevoeg word. Ons behou die reg voor om enige tyd en om watter rede ook al veranderinge aan te bring aan hierdie bepalings en voorwaardes.

  8. Ons sal u op hoogte hou van enige veranderinge deur die datum van die "Laaste opdatering" van hierdie bepalings en voorwaardes op te dateer, sonder dat u die reg het om persoonlik kennisgewing van elke sodanige verandering te ontvang.

  9. Juf. OK behou die reg voor, om van tyd tot tyd, sonder u kennisgewing, die inhoud van hierdie webtuiste, insluitende inligting, dienste en pryse daarop, asook die inhoud van hierdie Bepalings en Voorwaardes, te wysig.

  10. Die partye aanvaar verder dat e-pos-kommunikasie genoegsaam is om te voldoen aan die regsvereiste om “skriftelik” te wees, waar skriftelike kennisgewings van wysigings van u verskaf moet word ingevolge hierdie Bepalings en Voorwaardes, mits die integriteit van u e-posadres nie onder verdenking is nie, en nie outomaties geblok word deur Juf. OK se diensverskaffers nie.

  11. Dit is u verantwoordelikheid om hierdie bepalings van tyd tot tyd te hersien om op hoogte te bly van enige opdaterings. Deur toe te stem tot die bepalings en voorwaardes en dit te aanvaar sal u ook onderhewig wees aan die veranderinge van enige opdaterings tot die bepalings en voorwaardes.

  12. Die webtuiste is bedoel vir gebruikers wat minstens 13 jaar oud is. Alle gebruikers wat minderjarig is (onder die ouderdom van 18), moet die toestemming hê en onder direkte toesig wees deur hul ouer of voog om die webtuiste te gebruik. As u minderjarig is, moet u u ouer of voog hierdie bepalings en voorwaardes laat lees en toestem voordat u die webtuiste gebruik.

 

​

2. Juf. OK se inligting

​

  1. Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 bepaal dat wanneer goedere of dienste gelewer word deur sekere elektroniese transaksies, die verkoper van hierdie goedere sekere inligting rondom homself aan sy kliënte bekend moet maak op die webtuiste waar die goedere aangebied word.

  2. Volle name en status: JUF OK (Pty) Ltd is ’n privaat maatskappy, met registrasienommer 2020/883634/07. Juf. OK is ’n Afrikaanse e-handel platform in die vorm van ‘n webtuiste waar die besoeker toegang kan kry tot die aanlyninhoud van die webtuiste deur in te skryf en te betaal vir verskeie aanlyn Wetenskap planne.

  3. Die direkteure is:
    Me. EM Olivier-Kahlau

  4. Die fisiese adres en die adres vir ondertekening van dokumente is: Nevadasingle 257, Faerie Glen, Pretoria.

  5. Webtuiste: www.wetenskapakademie.co.za 

  6. E-posadres: info@wetenskapakademie.co.za

 

​

3. Die transaksie tussen u en Juf. OK

Verpligtinge van u as verbruiker:

  1. U bevestig hiermee dat u ’n verpligting het om Juf. OK te voorsien van akkurate en korrekte persoonlike inligting. U bevestig verder dat u Juf. OK tydig in kennis sal stel van enige wysiging in u persoonlike besonderhede, spesifiek u kontakbesonderhede.

  2. U as verbruiker onderneem om die webtuiste alleenlik te gebruik vir die doel waarvoor dit bedoel en geskik is, en aangewend word. Verder onderneem u om geen inbreuk te maak op die integriteit van die webtuiste, of enige inligting of dienste wat daarop vertoon word nie.

  3. U aanvaar dat Juf. OK daarop geregtig is om enige redelike stappe te doen om moontlike bedrog te verhoed, insluitend die deaktivering van enige skakels.

  4. U as verbruiker onderneem om nie u rekening inteken-besonderhede op die webtuiste aan enige ander party bekend te maak of mee te deel nie.

  5. U as verbruiker onderdeem om nie enige inhoud van die webtuiste (insluitend alle videos, opsommings, notas, teks of beelde) te kopiëer, te versprei of te verkoop nie.

  6. U as verbruiker onderneem om die inhoud van die webtuiste (insluitend alle videos, opsommings, notas, teks of beelde) slegs vir privaatgebruik te gebruik. Verder onderneem u om nie die inhoud in groepverband te gebruik nie asook nie vir enige publieke gebruik, hetsy skoolgebruik of klassituasies nie.

  7. Indien u nie die verpligtinge soos bogenoem in punt 3.4, 3.5 en/of 3.6 nakom nie aanvaar u dat daar wetlike stappe teen u geneem kan word vir die misbruik van intellektuele eiendom en kopiereg in ooreenstemming met Nasionale Wetgewing.

 

​

4. Intellektuele eiendom

​

Alle inhoud van die webtuiste, insluitend alle videos, notas, opsommings, data, teks, databasisse, foto’s, grafiese werke en sagteware is onderhewig aan outeursregbeskerming. Outeursreg in al die materiaal op die webtuiste behoort aan Juf. OK. Behalwe vir beperkte en redelike private gebruik, soos bepaal in die Outeursregwet 98 van 1978, mag geen materiaal van die webtuiste sonder Juf. OK se toestemming gereproduseer, herversprei, of misbruik word nie.

​

Omdat alle inhoud op die webtuiste kopiereg is van Juf. OK word dit beskerm deur nasionale kopiereg wetgewing. Kopiëring en verspreiding van enige van hierdie materiaal sonder skriftelike toestemming van Juf. OK is dus verbode en wetlik strafbaar. 

 

​

5. Betalingsmetodes en terugbetalings:

​

  1. Aanlynbetalings word deur ‘n eksterne maatskappy, genaamd Yoco, moontlik gestel.

  2. U kan op enige van die volgende twee maniere betaal: kredietkaart of debietkaart.

  3. ’n Volledige rekord van betalings sal gehou word vir ’n periode van 12 maande.

  4. U sal geregtig wees om u pakket te kanseleer en ‘n terugbetaling te ontvang van 90% van die volle bedrag wat u betaal het mits u aan die volgende verseistes voldoen:

    • Juf. OK in kennis stel per e-pos (info@wetenskapakademie.co.za) binne 7 dae nadat die betaling gemaak was deur u.

    • U ‘n toepaslike rede het om die pakket te kanseleer en Juf. OK bewus stel van hierdie rede.

    • Moontlike redes kan wees dat die leerder nie meer Fisiese Wetenskap as vak neem nie, dat u nie tevrede is met die inhoud nie of dat u tegniese probleme ondervind wat nie reggestel kan word nie soos ‘n swak internetkonneksie.

    • Die rede vir die kanselasie moet (indien moontlik) fisiese bewyse bevat.

  5. Indien u geregtig is op ’n terugbetaling, sal so ’n terugbetaling op die volgende manier geskied:

    1. Inisieer persoonlike kommunikasie met Juf. OK (info@wetenskapakademie.co.za) waarin u verduidelik hoekom u ‘n terugbetaling eis en hoe u die vereistes van punt 5.4 nakom. In hierdie kommunikasie moet u ook u persoonlike bankbesonderhede met Juf. OK meedeel waarin die terugbetaling gaan moet plaasvind.

    2. Juf. OK sal dan die inligting nagaan en indien alle vereistes nagekom was sal die terugbetaling gemaak word na die bankrekening gespesifiseer in punt 5.5.1

    3. ‘n Bewys van Betaling sal aan u gestuur word per e-pos en u behoort dan die bedrag te sien verskyn in u rekening binne 72 uur.

    4. Mits anders gekommunikeer deur Juf. OK sal u dan na die terugbetaling alle toegang tot die voormalige pakket waarvoor u ingeskryf was verloor.

    5. Juf. OK het die reg om terugbetalingsversoeke te verwerp indien alle vereistes soos aangedui in punt 5.4 nie nagekom word nie.

    6. Terugbetalings sal net 90% van die bedrag dek wat ‘n oorspronklik vir die aanlynplan betaal het weens administrasie- en bankkostes wat deur Juf. OK aangegaan moet word.

 

​

6. Vrywaring

​

  1. Nie Juf. OK of enige van sy direkteure, agente of verteenwoordigers sal verantwoordelik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van enige aard wat mag ontstaan uit die onvermoë om hierdie webtuiste te gebruik nie. Juf. OK kan in geen stadium waarborg lewer, geïmpliseer of anders, dat hierdie webtuiste vry van foute is nie en dat die diens 100% korrek sal funksioneer sonder enige onderbrekings of foutboodskappe nie. Indien u enige fout sou vind op die webtuiste, kontak Juf. OK asseblief by die volgende e-posadres: info@wetenskapakademie.co.za.

  2. Juf. OK sal verder gevrywaar word van enige eise wat voortspruit uit die gebruik van enige webtuiste, skakel of ander relevante platforms, insluitende derdeparty-skakels en -platforms wat toegangklik is vanaf hierdie webtuiste.

  3. Juf. OK sal nie verantwoordelik gehou word vir enige probleme wat mag ontstaan weens tegniese probleme vanuit die webtuiste nie. Juf. OK sal wel alles in hul vermoë doen om u te help om die tegniese probleme op te los. Indien dit van so ‘n mate is dat die tegniese probleem nie opgelos kan word nie en dit al die vereistes van ‘n terugbetaling nagekom (5.4), kan ‘n terugbetaling geeis word.

  4. Juf. OK of enige van sy direkteure, agente of verteenwoordigers sal nie verantwoordelik gehou word vir enige van die volgende nie:

    1. As ‘n leerder nie Fisiese Wetenskap as ‘n vak deurkom nie.

    2. As ‘n leerder se Fisiese Wetenskap punte nie verbeter nie.

    3. As ‘n leerder sleg doen in ‘n Fisiese Wetenskap toets- of eksamen.

    4. As ‘n leerder nie die videos gereeld kyk of tot die einde toe kyk nie.

 

​

7. Kommunikasie

​

  1. Alle amptelike kommunikasie met Juf. OK sal geskied deur die e-posadres info@wetenskapakademie.co.za.

  2. Nie Juf. OK of enige van sy direkteure, agente of verteenwoordigers sal verantwoordelik gehou word om dadelik of enigsens enige e-posboodskappe te beantwoord nie.

  3. Juf. OK behou die reg om e-posboodskappe te beantwoord of nie te beantwoord nie.

  4. Deur ‘n rekening op die webtuiste te skep, ‘n pakket te koop, ‘n e-pos aan Juf. OK te stuur of oor Facebook u e-pos adres met Juf. OK te deel, gee u toestemming vir Juf. OK om u te kontak per e-pos met enige inligting, kommunikasie of promosies. U behou die reg om enige tyd uit te teken om geen verdere e-pos boodskappe te ontvang vanaf Juf. OK nie deur Juf. OK daarvan in te lig per e-pos of deur die Google Form te voltooi: https://forms.gle/2FiZTXFhJKk9nGYT7 

 

​

8. Privaatheid

​

  1. Dit is die voorneme van Juf. OK om alle verpligtinge met betrekking tot die beskerming van persoonlike inligting uit te voer en na te kom.

  2. U onderneem om die korrekte inligting en besonderhede aan Juf. OK te voorsien, en Juf. OK tydig in kennis te stel van enige veranderinge aan u persoonlike inligting.

  3. Juf. OK mag gedurende u gebruik van die webtuiste en die dienste wat daarop beskikbaar is, u persoonlike inligting verkry, gebruik en bewaar.

  4. Juf. OK sal alle moontlike stappe doen om u persoonlike inligting te beskerm. Vir die doel van hierdie klousule word “persoonlike inligting” gedefinieer volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPI Act). Hierdie wette kan afgelaai word by www.justice.gov.za.

  5. Juf. OK mag elektronies die volgende inligting van u (die ouer/voog) en die leerder (waarvoor die pakket gekoop word) verkry, bewaar en gebruik:

    1. Persoonlike Inligting (naam en van)

    2. E-posadres

    3. Selfoonnommer (indien dit verskaf was)

    4. Adres (provinsie)

    5. Die skool waarin die leerder is

    6. Hoe u van Juf. OK gehoor het

    7. Persoonlike bankbesonderhede (indien deur u verskaf word vir ‘n terugbetaling)

    8. Aanbevelingsboodskappe (indien deur u verskaf)

    9. Nie-persoonlike soekgewoontes en klik-patrone

 

​

Juf. OK kan die inligting vir die volgende doeleindes gebruik:

  1. om u te groet wanneer u die webtuiste besoek;

  2. onderhewig aan u toestemming daartoe, om u in te lig rondom sake met betrekking tot die toegang en gebruik van Juf. OK se webtuiste;

  3. om nie-persoonlike statistieke rondom soekgewoontes, klikpatrone en toegang tot die webtuiste saam te stel;

  4. om u identiteit te verifieer wanneer u transaksies op Juf. OK se webtuiste uitvoer; en

  5. om te verseker dat toegang tot die dienste ontvang is deur die geadresseerde.

  6. Bogenoemde inligting word óf elektronies ingesamel deur die gebruik van “cookies” óf word vrywilliglik deur u aangebied. U kan die gebruik van “cookies” onafhanklik deur die verstellings op u eie internetleser stel. U kan ook die opsie uitvoer om geen kommunikasie van Juf. OK te ontvang nie.

  7. Juf. OK mag inligting oor u versamel, bewaar, saamstel, beheer en deel onderhewig daaraan dat Juf. OK nie u persoonlike inligting bekend sal maak nie tensy u daartoe instem of dit deur wetlike prosesse of reëls verplig word.

  8. U is geregtig om in enige stadium u toestemming vir die gebruik en bewaring van die persoonlike inligting terug te trek of beswaar te maak teen die gebruik en bewaring van u persoonlike inligting.

  9. Juf. OK besit en behou alle regte op nie-persoonlike statistieke wat ingewin en saamgestel word deur Juf. OK.

  10. U is geregtig daarop om ’n klag te lê by die Inligtingreguleerder in verband met enige inmenging met die beskerming van u persoonlike inligting. U is ook geregtig daarop om siviele aksie in te stel rakende die inmenging met die beskerming van u persoonlike inligting.

     

9. Jurisdiksie

​

  1. Hierdie webtuiste word geberg, gekontroleer en bedryf vanuit die Republiek van Suid-Afrika en is daarom onderworpe aan die Suid-Afrikaanse wetgewing. Die Suid-Afrikaanse Reg sal van toepassing wees op enige moontlike geskil, transaksie, of interpretasies van hierdie Bepalings en Voorwaardes.

  2. Partye stem verder toe tot die eksklusiewe jurisduksie van die Landdroshof in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika, nieteenstaande waar ’n geskil of transaksie ontstaan, of die webtuiste geberg word.

bottom of page